08/05/2025
Ligging✅️
Volhoubaar✅️
Prys verlaag R2 450 00✅️
Geleë in een van Potchefstroom se mees gesogte woonbuurte, bied hierdie son-deurdrenkte gesinshuis die perfekte kombinasie van gerief, styl en volhoubaarheid, die huis is ontwerp vir die behoeftes van ’n groeiende gesin—of vir dié wat graag onthaal.
Sleutelpunte
3 Slaapkamers: Ruim, elk met baie natuurlike lig en ingeboude kaste
2.5 Badkamers: Hoofslaapkamer met en-suite en aparte gaste toilet vir ekstra gerief
Studeerkamer: Groot werkskamer met ingeboude kaste—ideaal vir tuiswerk
Oopplan leef en eet vertrek
Tv Kamer
Braaikamer: Die hart van die huis is die uitgestrekte braaikamer, toegerus met ingeboude braai en toonbankruimte—ideaal vir gesellige kuiers saam met vriende en familie regdeur die jaar. Natuurlike lig stroom deur die skuifdeure in en beklemtoon die warm afwerkings en uitnodigende leefruimtes. Op koeler aande sal jy die gemaklike vloei tussen binne- en buiteareas waardeer—perfek vir lang gesellige aande vol lag en lekker eet.
Swembad & Tuin:agterplaas met ruimte vir speel, ontspan of uitbrei
Motorhuise: Dubbelmotorhuis met ekstra parkering en area vir karavaan
Sonkragstelsel & Inverter: Hoëkapasiteit panele met rugsteunkrag en voorafbetaalde elektrisiteit
Watertenk: Groot boorgatwater-tenk vir versameling en gebruik asook watersuiweraar en vrrsagter vir die huis
Voel die warmte van ‘n ware tuiste vanaf die oomblik dat jy aankom—hierdie eiendom is nie net ’n huis nie; dit is ’n leefstyl. Met ’n kombinasie van geriewe, onthaalruimtes en omgewingsvriendelike kenmerke, belowe dit jare se geluk, lag en kosbare herinneringe. Kontak ons vandag nog om jou privaat besigtiging te reël.
Kom maak jou herinnering hier in die Heilige Akker vir slegs R2 450 000
Kontak
Chantal
0661313084
Marsha Joubert Eiendomme