14/06/2016
Onbillike ontslag
Vir ontslag om billik te wees moet dit substantief en prosudureel wees.
Substantiewe billikheid: ( goeie redes deur werkgewer vir afdanking)
• Was daar ‘n billike rede om die werknemer te ontslaan?
• Was ontslag gepas onder die omstandighede?
• Billike redes is byvoorbeeld wangedrag, oortolligheid, onbevoegtheid ens.
Prosedurele billikheid (prosedure wat gevolg moet word voor ontslag)
• Die werknemer moet altyd ‘n billike verhoor gegun word voor afdanking. D.w.s die werknemer moet ‘n kans gegun wod om hul kant van die saak weer te gee.
• Disiplinêre kodes van besighede moet ten volle nagekom word, asook die proses rondom waarskuwings.
As ‘n werknemer voel dat hul onbillik ontslaan was, hetsy substansieel of prosedureel kan hul die KVBA of die betrokke bedingingsraad nader binne 30 dae vandat ‘n finale besluit van ontslag geneem is.
Indien ‘n werknemer onder die KVBA val werk die prosedure as volg:
• ‘n dispuut moet binne 30 dae vanaf ontslag na die KVBA verwys word;
• ‘n LRA vorm 7.11 moet ingevul word en aan die KVBA en die teenkant voorsien word;
• die KVBA sal beide partye in kennis stel van die datum, tyd en plek van die konsiliasie.
Indien die afdanking bevind word onbillik te wees, sal die werknemer in staat wees om in sy pos herstel te word, heraangestel te word of om geld as vergoeding te ontvang.