Griffiths & Associates Attorneys / Prokureurs

Griffiths & Associates Attorneys / Prokureurs Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Griffiths & Associates Attorneys / Prokureurs, Lawyer & Law Firm, Potchefstroom.

22/07/2024

Understanding the Marital Dispensations of South Africa:

Before taking the next step in your relationship when deciding to “tie the knot”, understanding the different marital dispensations/regimes is crucial to securing your financial future together. The Matrimonial Property Act 88 of 1984 regulates the consequences of marriages and the various marital regimes in South Africa. The Act recognises three main marital regimes: Marriage In Community of Property, Out of Community of Property - Without The Accrual System, and Out of Community of Property - With the Accrual System.

Your choice of marital regime should be guided by your financial goals, personal circumstances, and the level of financial independence you desire. We can help you navigate these options to ensure that your choice protects your best interests.

What you need to know -
While a marriage In Community of Property is the default marital regime, requiring no prior formalities, it might not be the best regime for the modern, dynamic and ambitious couple, as both partners shall be liable for each other's debts. There is also a lack of financial independence, which can lead to complications, especially in the case of divorce, death or insolvency.
The other two marital regimes require a specific written agreement between the parties, which is further to be notarised and registered in the Deeds Registry Office, prior to the date of marriage. Let's delve deeper into these two dispensations to help you make an informed decision.

Marriage Out of Community of Property Without the Accrual System:

Opting for an antenuptial contract without the Accrual System means that each spouse maintains a separate estate. This regime ensures that what you bring into the marriage and acquire thereafter remains exclusively your own. Each spouse has full control over their assets and debts, promoting individual financial autonomy. One spouse is furthermore shielded from the other’s debts and liabilities, which can be particularly beneficial if one partner owns a business or is in a high-risk profession. In the event of divorce or death, asset division is mainly straightforward since each person retains what is in their respective names.
This regime can, however, disadvantage a spouse who is financially weaker or for example sacrifices career progression to support the family, as they would not benefit from the other spouse’s financial gains. There is furthermore no legal mechanism to share the wealth accumulated during the marriage, which can lead to financial disparity between spouses.

Marriage Out of Community of Property With Application of the Accrual System:

Choosing an antenuptial contract with the application of the Accrual System offers a middle ground. Each spouse retains their estate, however, the net increase/growth in value of their estates during the subsistence of the marriage is shared equally upon dissolution of the marriage by way of divorce or death. The accrual system ensures a fair division of the growth in assets accumulated during the marriage, which can be especially beneficial if one spouse has been a homemaker or taken a career break. Similar to the non-accrual system, each spouse is protected from the other's debts and has full financial autonomy. Spouses maintain control over their respective assets while sharing the benefits of their joint efforts during the marriage. Spouses can also elect to exclude certain assets from the accrual, which must be recorded and agreed upon in the antenuptial contract.

It is important, however, to understand that the accrual (the net growth value) must be calculated upon dissolution of the marriage and determining the accrual can be complex and may require financial assessments, especially in the case of divorce. The accrual is calculated by determining the difference between the net value of each spouse’s estate at the beginning and the end of the marriage. Initially, the value of each spouse’s estate at the time of marriage is established, taking into account any exclusions specified in the antenuptial contract. This initial value is adjusted for inflation using the Consumer Price Index. At the dissolution of the marriage, the final net values of each estate are determined. The net increase in each estate’s value during the marriage is then calculated, and the difference in accrual between the two estates is shared equally, ensuring a fair distribution of the growth in assets.

Contact any one of our legal professionals to assist with your antenuptial contract. Let us handle the legal complexities, so you can focus on planning the perfect honeymoon and building a life of happiness and security!

Get to know us! Jaco Griffiths - Outdoor enthusiast, hunter and avid angler, with a passion for animals. Notoriously bad...
15/07/2024

Get to know us!

Jaco Griffiths - Outdoor enthusiast, hunter and avid angler, with a passion for animals. Notoriously bad golfer and rotten spoiler of dogs. Runs on Pinotage.🍷

Lee-Ann Engelbreg - Loving wife and mother of three fur babies. When not sleeping in, activities like hiking, snorkling and cycling are preferred, whilst running on matcha lattes, good humour and border collie kisses. ☕

We would love to hear more about you in our comments!

15/07/2024

Jou verantwoordelikhede as eienaar of persoon in beheer van ‘n plaas of kleinhoewe in terme van die “Brandwet”

Met die huidige koue en droë weerstoestande in sekere dele van die land en die winde wat so waai, sit ons weer met die gevaar van veldbrande. Ons lees juis vanoggend van ‘n voorval waar wegholveldbrande die dood van verskeie brandbestryders veroorsaak het. Eienaars van plase en kleinhoewes, of persone in beheer daarvan, het in hierdie tyd ‘n verhoogde verantwoordelikheid om waaksaam te wees en te bly, veral in die lig van die bepalings van die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande no. 101 van 1998. Die Wet stel sekere vereistes waaraan eienaars en persone in beheer van grond moet voldoen ten einde veldbrande te voorkom en verspreiding daarvan te verhoed en nie-voldoening lei natuurlik tot strafregtelike aanspreeklikheid. Daarbenewens kan oortreders ook siviele aanspreeklikheid vir skade opdoen, waar die verspreiding van die brand voorsienbaar was en die eienaar of persoon in beheer versuim het om stappe te doen om dit te voorkom.

Artikel 12 van die Wet bepaal spesifiek dat brandstroke gemaak moet word en die Wet skryf dan ook voor hoe die eienaar te werk moet gaan om die eienaars van naburige eiendomme daarvan in te lig en daarby te betrek. Artikel 13 bepaal dat die brandstrook met inagneming van die terrein en plantegroei lank en breed genoeg moet wees om ‘n redelike kans te staan om te voorkom dat ‘n brand daaroor kan versprei. Die strook moet verder redelikerwys vry wees van brandbare materiaal, maar mag terselfdertyd ook nie grond-erosie aanhelp of bevorder nie.

Die wet skryf ongelukkig nie voor presies hoe breed die strook moet wees nie. Brandvereenigings in elke streek skryf gewoonlik voor hoe die stroke gemaak moet word en eienaars en persone in beheer van grond word sterk aangeraai om aan te sluit by sulke vereenigings, ten einde te verseker dat hulle die regte leiding en bystand kry en te verhoed dat hulle aanspreeklikheid opdoen.
Die Wet bepaal uitdruklik dat ‘n eienaar van grond, of ‘n persoon in beheer van grond self teenwoordig moet wees tydens ‘n veldbrand, of moet sorg dat ‘n verantwoordelike persoon teenwoordig is op die grond wat brand kan verhoed en bestry. Die Wet vereis verder dat daar voldoende toerusting op die perseel moet wees waarmee brande bestry kan word en verder dat die werknemers op die grond voorsien moet word met die nodige beskermingsdrag en ook voldoende opleiding in brandbestryding moet ontvang. Versuim om bovermelde te verseker kan lei tot strafregtelike aanspreeklikheid, maar kan ook nalatigheid daarstel wat kan lei tot siviele aanspreeklikheid vir skade.

Aanspreeklikheid vir skade ontstaan waar daar ‘n onregmatige daad gepleeg word. Indien die regsgevoel of oortuiginge van die gemeenskap bepaal dat ‘n grondeienaar of persoon in beheer van grond ‘n regsplig het om nie met nalatigheid op te tree teenoor die eienaars van aangrensende grond nie, sou dit as onregmatig beskou word om nalatig op te tree. Nalatigheid word bepaal aan die hand van wat voorsienbaar is in die omstandighede en indien iets voorsienbaar is en indien die redelike man stappe sou geneem het om dit te verhoed, word die stappe wat die eienaar geneem het gemeet aan die optrede van die redelike man in dieselfde omstandighede. Indien die eienaar se optrede tekortskiet, is daar nalatigheid teenwoordig. Dit sal byvoorbeeld nalatig wees om te versuim om brandstroke te maak, of te verseker dat die strook redelikerwys skoon is van brandbare materiaal. Soms word brandstroke omgeploeg om beter voorkoming te bied en soms word gras bloot kortgesny. Laasgenoemde sal byvoorbeeld nie aan die vereistes van die Wet voldoen nie. Die blote bespuiting van plantegroei met gif sou ook nie voldoiende wees indien die oorblywende brandbare materiaal nie ook daarna verwyder word nie. Dit sou verder nalatig wees indien daar nie voldoende toerusting op die grond is waarmee brande bestry, of geblus kan word nie, of waar die toerusting nie behoorlik onderhou word nie. Ook waar personeel nie behoorlik opgelei is om brande te bestry nie. Daar moet waterpunte beskikbaar wees te alle tye waar brandtoerusting gevul kan word en sou daar byvoorbeeld pompe wees wat nie onderhou is nie, sou dit as nalatigheid bestempel kan word. Die eienaar, of persoon in beheer van die grond sal dan ook self ‘n behoorlike poging moet aanwend om enige brand wat mag ontstaan te bestry en sou dit nalatigheid daarstel om nie self betrokke te raak, of ‘n behoorlik opgeleide persoon af te vaardig nie. Indien die grondeienaar verder byvoorbeeld bewus is daarvan dat daar kampeerders op sy grond is wat vure maak en die eienaar versuim om stappe te neem wat die ontstaan en verspreiding van brande in die omgewing van die kampeerders kan verhoed, sou hy nalatig wees. Die blote plasing van kennisgewings sal nie voldoende wees nie. Dieselfde sou geld indien die eienaar byvoorbeeld bewus is van onwettige okkupeerders en waar daar voorsien kan word dat sulke okkupeerders vure kan maak en waar die eienaar versuim om daadwerklike stappe te neem om die verspreiding van brande in die betrokke area te verhoed. Die feit dat die okkupeerders onwettig daar is, hef nie die eienaar se verantwoordelikheid ingevolge die Wet op nie en sou dit in sulke gevalle byvoorbeeld raadsaam wees om addisionele brandstroke te maak.

Artikel 34 van die Wet bevat ‘n weerlegbare vermoede tot die effek dat die eienaar, of persoon in beheer van grond nalatig is, tensy hy kan bewys dat hy ‘n lid is van ‘n geregistreerde brandvereeniging. Dit is belangrik dat lidmaatskap nie outomaties beteken dat die eienaar of persoon nie nalatig was nie. Die feit van die lidmaatskap neem bloot die weerlegbare vermoede van nalatigheid weg, wat tot gevolg het dat die eienaar of persoon in beheer se nalatigheid deur getuienis bewys moet word. Dit is egter so dat brandvereenigings die nodige kennis en middelle het om eienaars behulpsaam te wees om in alle opsigte aan die Wet te voldoen en ook in baie gevalle die nodige opleiding kan verskaf wat vereis word. Sulke vereenigings doen dan ook gewoonlik die nodige skakeling met die gesagsowerhede ten opsigte van die pad-reserwes en spoorweg-reserwes aangrensend aan die grond van hulle lede, wat die taak van ‘n grondeienaar aansienllik makliker maak. Doen dus navraag in jou onmiddelike omgewing en sluit aan indien jy nie alreeds het nie. Verlaag jou risiko van finansiële aanspreeklikheid vir jou buurman se verlies aan weiding, of die vrektes van sy vee, die skade aan sy stropers en trekkers, of die verlies van sy huis en sy meubels. Versekering is nie altyd die antwoord nie en jy kan jou prokureur help om jou te help deur ten minste aan die basiese vereistes te voldoen.

*Hou ons blad dop vir gereelde artikels en waardevolle inligting!*

10/07/2024
Meet the practitioners
10/07/2024

Meet the practitioners

Address

Potchefstroom
2531

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

+27722744365

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Griffiths & Associates Attorneys / Prokureurs posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Griffiths & Associates Attorneys / Prokureurs:

Share