18/02/2026
📢 FINANSIËLE KLERK
📍 Polokwane Gebied
’n Gevestigde en gerespekteerde onderneming in die Polokwane-gebied is op soek na ’n Finansiële Klerk om hul span te versterk. Die ideale kandidaat moet akkuraat, selfgedrewe en gemaklik wees om in ’n gestruktureerde, seisoenale druk-omgewing te funksioneer.
VEREISTES:
Graad 12 (Matriek)
Vorige ondervinding in ’n rekeningkundige omgewing
Goeie IT-kennis en sterk Excel-vaardighede
Vermoë om nuwe stelsels vinnig aan te leer
Sterk kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede
Vermoë om goed te funksioneer onder seisoenale druk
Positiewe, professionele en selfgedrewe houding
Goeie spanwerker met beplanningsvermoë
📌 Kennis van Pastel / Sage en Office 365 sal ’n voordeel wees, maar opleiding sal voorsien word.
VERANTWOORDELIKHEDE:
Datahantering en verwerking van finansiële rekords
Algemene administratiewe en kantoorverpligtinge
Bystand met SARS-verwante prosesse
Ondersteuning van senior personeel waar nodig
⚠️ Neem asseblief kennis:
Moet asseblief nie vir hierdie pos aansoek doen indien jy nie aan die minimum vereistes voldoen nie.
📧 Stuur jou CV na:
[email protected]
Onderwerplyn: Finansiële Klerk Aansoek