19/08/2023
'n MOET LEES!
Na aanleiding van 'n berig op Maroela Media waar 'n bejaarde die inbreker doodgeskiet het, kom hierdie nuttige inligting.
Skitterend!
Let veral op die woorde in die berig: "Die polisie ondersoek 'n saak van huisroof en doen 'n geregtelike doodsondersoek."
Dit is hoe dit hoort!
Dit is 'n mite dat die SAPD 'n moordsaak "moet" open wanneer 'n slagoffer 'n aanvaller gedood het. Die SAPD het 'n diskresie wat uitgeoefen kan en moet word.
Indien die SAPD lede op die toneel geen rede het om te vermoed dat 'n moord gepleeg is nie, m.a.w. dit is voor die hand liggend of waarskynlik dat 'n slagoffer 'n aanvaller in selfverdediging gedood het , dan is dit die regte prosedure om 'n geregtelike doodsondersoek (GO) te registreer.
Die doel van 'n GO is om 'n hof daarmee te taak om te bepaal of iemand vir 'n onnatuurlike dood aanspreeklik gehou kan word.
Die hof kan bevind dat die oorledene 'n wederregtelike aanval op die slagoffer geloods het, waarna die slagoffer die oorledene, regmatig, in selfverdediging gedood het. Dit word dan as straffelose doodslag in ons regstelsel geag.
Indien die hof egter nie oortuig is dat die dood weens straffelose doodslag is nie, kan die hof gelas dat 'n saak van moord geopen en ondersoek word.
Ongelukkig ken baie SAPD lede nie die wet wat hulle moet toepas nie en/of hulle is onbevoeg/onwillig om die diskressie waarmee hulle ampshalwe beklee is uit te oefen. Vir sulke SAPD lede is die maklikste en veiligste uitweg om die slagoffer van moord aan te kla en toe te sluit. So 'n argelose en onverantwoordelike benadering is geensins in diens van geregtigheid nie.
Indien jy 'n vuurwapen besit, wat jy bereid sal wees om in selfverdediging te gebruik, moet jy die selfoonnommer van 'n goeie strafreg prokureur, wat kan toesien dat 'n GO eerder as 'n moodsaak teen jou geopen word, op "speed dial" hê.
"Share" hierdie boodskap asb. met boereverenigings en/of vriende wat hulself in 'n situasie mag bevind waar hulle hulself teen gewel