Kaapse Agri Werkgewersorganisasie

Directions Website

Kaapse Agri Werkgewersorganisasie Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Kaapse Agri Werkgewersorganisasie, Legal Service, 57 Main Road, Paarl.

Werkgewersorganisasie vir die landbousektor sedert 1998. 🌽
Vanuit ons hoofkantoor in 📍 Paarl bied ons arbeidsregondersteuning aan Wes-Kaapse produsente om hul belange op die komplekse arbeids-terrein te beskerm en bevorder.

🎉 Gelukkige verjaarsdag, Deidre!Dit is 'n lekkerte om jou deel van die KAW se Uitvoerende Komitee te hê. Baie dankie vir...
07/10/2026

🎉 Gelukkige verjaarsdag, Deidre!

Dit is 'n lekkerte om jou deel van die KAW se Uitvoerende Komitee te hê. Baie dankie vir jou warm teenwoordigheid en jou bydrae.

Ons hoop jou tuin bly mooi blom en jou nuwe lewensjaar is vol familie, lekker kuiertye by die see en baie bietjie reis-drome wat waar word.

Geniet jou spesiale dag!



COSATU PROTESAKSIE – WOENSDAG 7 OKTOBER 2026KAW-lede word hiermee in kennis gestel dat COSATU landwye protesaksie vir Wo...
05/10/2026

COSATU PROTESAKSIE – WOENSDAG 7 OKTOBER 2026

KAW-lede word hiermee in kennis gestel dat COSATU landwye protesaksie vir Woensdag, 7 Oktober 2026 beplan.

Die protesaksie hou verband met onder meer werksverliese, die stygende lewenskoste en ander sosio-ekonomiese aangeleenthede.

Die protesaksie vind ingevolge Artikel 77 van die Wet op Arbeidsverhoudinge plaas. Werknemers wat aan die beskermde protesaksie deelneem, geniet dus die beskerming wat die Wet bied.

Wat beteken dit prakties vir werkgewers?

Werknemers wat aan die beskermde protesaksie deelneem, mag nie bloot weens hul deelname gedissiplineer of ontslaan word nie.

Die beginsel van “no work, no pay” is egter van toepassing. 'n Werkgewer is dus nie verplig om 'n werknemer te betaal vir die tyd wat die werknemer weens deelname aan die protesaksie nie werk nie.

Die beskerming van die protesaksie beskerm ook nie werknemers teen dissiplinêre optrede vir enige wangedrag wat tydens die protesaksie gepleeg word nie.

Woensdag, 7 Oktober 2026 is nie 'n openbare vakansiedag nie en werknemers wat nie aan die protesaksie deelneem nie, moet normaalweg vir diens aanmeld.

Lede wat onseker is oor die hantering van werknemers wat aan die protesaksie wil deelneem, kan hul KAW-beampte kontak vir verdere advies.

Die Kaapse Agri Werkgewersorganisasie is hier om jou boerdery onderneming te help, konflik minder te maak en mense-bestu...
02/10/2026

Die Kaapse Agri Werkgewersorganisasie is hier om jou boerdery onderneming te help, konflik minder te maak en mense-bestuur makliker te maak.

Want boerdery was nog altyd, en sal altyd, 'n mensebedryf bly!

Wil jy ook gemoedsrus by die werk hê? ➡️Sluit by ons aan!
29/09/2026

Wil jy ook gemoedsrus by die werk hê?
➡️Sluit by ons aan!

Gelukkige verjaarsdag Francois! Dankie vir jou onskatbare wysheid, kalm teenwoordigheid en raad wat 'n anker vir ons is....
25/09/2026

Gelukkige verjaarsdag Francois!

Dankie vir jou onskatbare wysheid, kalm teenwoordigheid en raad wat 'n anker vir ons is. As een van ons stigterslede en lid van ons Uitvoerende Komitee, laat jy 'n blywende stempel op KAW.

Geniet die dag.



🇿🇦 Ons vier vandag Erfenisdag! Vandag is perfek om 'n vuurtjie te maak, 'n vleisie te braai, en dankie te sê vir ons lan...
24/09/2026

🇿🇦 Ons vier vandag Erfenisdag!

Vandag is perfek om 'n vuurtjie te maak, 'n vleisie te braai, en dankie te sê vir ons land se vrugbare grond en die landbouwerkers wat elke dag daarin belê.

Geniet die dag saam met julle mense! 🔥🥩🌾

Ons 𝗗𝗲𝗿𝗱𝗲 𝗞𝘄𝗮𝗿𝘁𝗮𝗮𝗹 𝗡𝘂𝘂𝘀𝗯𝗿𝗶𝗲𝗳 is uit!Lees dit hier 👉 https://bit.ly/47cepB9
23/09/2026

Ons 𝗗𝗲𝗿𝗱𝗲 𝗞𝘄𝗮𝗿𝘁𝗮𝗮𝗹 𝗡𝘂𝘂𝘀𝗯𝗿𝗶𝗲𝗳 is uit!
Lees dit hier 👉 https://bit.ly/47cepB9



Gelukkige verjaarsdag Pieter, ons Voorsitter by die Kaapse Agri Werkgewersorganisasie! Met die Weskus in jou bloed en ’n...
17/09/2026

Gelukkige verjaarsdag Pieter, ons Voorsitter by die Kaapse Agri Werkgewersorganisasie!

Met die Weskus in jou bloed en ’n liefde vir ’n goeie wyntjie, mag jou nuwe lewensjaar gevul wees met oorvloedige seëninge, gesondheid, en vreugde.

Baie geluk.



Baie geluk, Andries!Sedert 2012 is jy ’n onmisbare deel van die Kaapse Agri Werkgewersorganisasie-span, met meer as 25 j...
14/09/2026

Baie geluk, Andries!

Sedert 2012 is jy ’n onmisbare deel van die Kaapse Agri Werkgewersorganisasie-span, met meer as 25 jaar se waardevolle Menslike Hulpbronne kennis in die landbou.

Jy is altyd reg vir ’n grappie en ’n glasie wyn. Ons waardeer jou!🍷

Mag die jaar voor jou vol vreugde en goeie herinneringe wees.



KAW by  Daar was baie om te sien by NAMPO, van indrukwekkende landboumasjinerie tot die pragtige blomme-uitstallings. Br...
11/09/2026

KAW by

Daar was baie om te sien by NAMPO, van indrukwekkende landboumasjinerie tot die pragtige blomme-uitstallings. Brendan Peyper in die Santam Vrouetent was natuurlik ook ’n bonus - iets vir die oor én die oog!

Dit was ook lekker om weer vir Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse Minister van Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, raak te loop en by die Ministeriële Gaste-area in te loer vir ’n koppie tee en ’n vinnige geselsie.

NAMPO is altyd ’n goeie geleentheid om bekende gesigte raak te loop, nuwe mense te ontmoet en sommer net weer te beleef hoeveel daar in ons landbousektor aangaan.



NAMPO Kaap / Cape

Address

57 Main Road
Paarl
7646

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kaapse Agri Werkgewersorganisasie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category