Kaapse Agri Werkgewersorganisasie

Kaapse Agri Werkgewersorganisasie Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Kaapse Agri Werkgewersorganisasie, Legal Service, 57 Main Road, Paarl.

Werkgewersorganisasie vir die landbousektor sedert 1998. 🌽
Vanuit ons hoofkantoor in 📍 Paarl bied ons arbeidsregondersteuning aan Wes-Kaapse produsente om hul belange op die komplekse arbeids-terrein te beskerm en bevorder.

Wanneer ons die woord teistering hoor, d**k baie mense eerste aan seksuele teistering. Teistering kan egter verskeie vor...
03/09/2026

Wanneer ons die woord teistering hoor, d**k baie mense eerste aan seksuele teistering.

Teistering kan egter verskeie vorme aanneem, insluitend afknouery, verbale of fisiese teistering, intimidasie, viktimisering en selfs teistering deur elektroniese kommunikasie.

Maar wat word as teistering beskou?

Teistering behels in wese:
🔹 Ongewenste gedrag;
🔹 gedrag wat ’n persoon se waardigheid aantas; én
🔹 gedrag wat ’n vyandige of intimiderende werksomgewing skep, of wat daarop gemik is om iemand deur werklike of dreigende nadelige gevolge tot onderwerping te dwing.

Onthou ook: nie elke konflik, moeilike gesprek of regmatige bestuursoptrede is teistering nie. Die konteks en aard van die gedrag is belangrik.

’n Veilige en respekvolle werksomgewing begin by ’n duidelike begrip van wat teistering werklik behels.


Die Wes-Kaap is besig om wakker te word!Oral waar jy kyk, bot die wingerde en boorde in volle glorie, daardie eerste var...
01/09/2026

Die Wes-Kaap is besig om wakker te word!

Oral waar jy kyk, bot die wingerde en boorde in volle glorie, daardie eerste vars groen lote en delikate bloeisels wat vir ons sê: die winter is verby.

Gelukkige Lentedag! 🍇🌿

HORTGRO
Agri Wes-Kaap
Ivan Meyer
Vinpro

Werkgewers het ’n verantwoordelikheid om ’n veilige en gesonde werksomgewing te handhaaf, en dit sluit die beskerming te...
27/08/2026

Werkgewers het ’n verantwoordelikheid om ’n veilige en gesonde werksomgewing te handhaaf, en dit sluit die beskerming teen teistering in.

Wanneer ’n bewering van teistering onder ’n werkgewer se aandag gebring word, kan dit nie bloot geïgnoreer of afgemaak word as “net ’n persoonlikheidsbotsing” nie.

Die werkgewer behoort:
🔹 die klagte ernstig op te neem en spoedig op te tree;
🔹 die relevante partye te raadpleeg;
🔹 die bewerings billik en behoorlik te ondersoek;
🔹 die nodige stappe te neem om die gedrag te beëindig; en
🔹 redelik uitvoerbare stappe neem om herhaling te voorkom.

Die versuim om teistering met die nodige erns te hanteer, kan ernstige gevolge vir ’n werkgewer inhou.


Deidre Eigelaar, lid van ons Uitvoerende Komitee, het verlede week Woensdag (19 Augustus) SIZA se 2026 Konferensie bygew...
24/08/2026

Deidre Eigelaar, lid van ons Uitvoerende Komitee, het verlede week Woensdag (19 Augustus) SIZA se 2026 Konferensie bygewoon by Ashanti Estate in Paarl.

Die 2026 Konferensie se tema "Shaping the Future of Compliance Together" se gesprekke het gedraai om regte, prakties toepasbare uitdagings in die landbou-waardeketting, met insig van gerekende sprekers regoor die bedryf.

SIZA vier vanjaar hulle 10de bestaansjaar – ‘n dekade van herinneringe, mylpale, impak, vennootskappe en ongelooflike stories.

Baie geluk aan SIZA met hierdie besondere mylpaal!

SIZA

💡 Het jy geweet? Hoe lank jy het om 'n saak by die CCMA aan te meld, hang af van die tipe dispuut.• Onbillike ontslag — ...
20/08/2026

💡 Het jy geweet?

Hoe lank jy het om 'n saak by die CCMA aan te meld, hang af van die tipe dispuut.

• Onbillike ontslag — 30 dae
• Onbillike arbeidspraktyk — 90 dae
• Diskriminasie — 6 maande

As jy nie binne hierdie tydperk optree nie, gaan jy 'n aansoek om verskoning (kondonasie) moet indien, dit is nie 'n waarborg dat dit toegestaan word nie.

Onseker oor CCMA aangeleenthede?

Kontak ons 📩 [email protected]

CCMA SA

AGRI WES-KAAP KONGRES📅13 Augustus 2026  📍Goudini Spa,Rawsonville "Standvastigheid in 'n veranderende wéreld" Die wêreld ...
17/08/2026

AGRI WES-KAAP KONGRES
📅13 Augustus 2026
📍Goudini Spa,Rawsonville

"Standvastigheid in 'n veranderende wéreld"

Die wêreld beweeg vinniger as ooit, maar landbou bly die konstante!

Agri Wes-Kaap
Ivan Meyer

Ons uitvoerende beampte, Ciske Oosthuizen, het gisteraand die Agri Wes-Kaap kongresdinee by Goudini Spa naby Rawsonville...
13/08/2026

Ons uitvoerende beampte, Ciske Oosthuizen, het gisteraand die Agri Wes-Kaap kongresdinee by Goudini Spa naby Rawsonville bygewoon.

Vanjaar se kongrestema, "Standvastig in 'n veranderde wêreld," het gefokus op hoe die landbousektor deur droogtes, brande, vloede, stygende insetkoste en die bek-en-klouseer krisis getoets is.

Sprekers soos Jannie Strydom (Uitvoerende Beampte AWK), Villiers Loubser (Voorsitter AWK) en Loffie Brandt (ABSA Agri Besigheid) het beklemtoon dat verbintenis en aanpasbaarheid noodsaaklik is te midde van toenemende verandering en risiko in die sektor.

Ivan Meyer
Absa South Africa

VRAAG & ANTWOORD: Is 'n proefperiode altyd 3 maande? Nie noodwendig nie.'n Belangrike beginsel uit die arbeidswetgewing ...
11/08/2026

VRAAG & ANTWOORD: Is 'n proefperiode altyd 3 maande?

Nie noodwendig nie.

'n Belangrike beginsel uit die arbeidswetgewing is dat daar geen voorgeskrewe proefperiode in Suid-Afrika bestaan nie. Die proefperiode moet redelik wees en bepaal word deur die aard van die pos en die tyd wat nodig is om 'n werknemer se geskiktheid behoorlik te evalueer.

'n Proefperiode gee die werkgewer die geleentheid om te bepaal of 'n werknemer:
✅ oor die nodige vaardighede en bevoegdheid beskik;
✅ die vereiste standaard van werk kan handhaaf;
✅ by die organisasie en werksomgewing kan inskakel; en
✅ geskik is vir die spesifieke pos.

Hoewel 3 maande dikwels vir algemene poste gebruik word, kan 'n langer proefperiode in sekere gevalle geregverdig wees, byvoorbeeld vir bestuurs- of hoogs gespesialiseerde poste waar dit langer neem om prestasie en geskiktheid behoorlik te beoordeel.

'n Goed beplande proefperiode, met duidelike verwagtinge, gereelde terugvoer en behoorlike rekordhouding, kan beide die werkgewer én werknemer beskerm.


Vandag vier ons elke vrou wat elke dag... by die werk, by die huis, en oral tussenin, so baie doen en gee. Geniet die va...
09/08/2026

Vandag vier ons elke vrou wat elke dag... by die werk, by die huis, en oral tussenin, so baie doen en gee. Geniet die vakansiedag, Gelukkige Vrouedag!

Vandag het KAW Beampte Andre Bloem ‘n werkswinkel aangebied waar Wangedrag, Onvermoë vs Swak Prestasie & Proefperiodes b...
05/08/2026

Vandag het KAW Beampte Andre Bloem ‘n werkswinkel aangebied waar Wangedrag, Onvermoë vs Swak Prestasie & Proefperiodes bespreek is.

'n Belangrike boodskap wat weer beklemtoon is, is dat 'n zero tolerance-beleid nie beteken dat 'n werknemer outomaties ontslaan mag word nie.

‘n Alkohol en Dwelm beleid bepaal die standaard wat die werkgewer stel, maar enige dissiplinêre optrede moet steeds billik, konsekwent en in ooreenstemming met die arbeidswetgewing wees.

'n Goed opgestelde beleid is daarom van kardinale belang.

Dit moet:
✅ Duidelik en ondubbelsinnig wees;
✅ Aan werknemers gekommunikeer word;
✅ Die reëls en gevolge van oortredings uiteensit; en
✅ Regverdig en konsekwent toegepas word.

Wanneer dit kom by alkohol- en dwelmgebruik in die werkplek, help 'n behoorlike beleid werkgewers om veiligheid te bevorder, risiko's te beperk en dissiplinêre prosesse op 'n regverdige wyse te bestuur.

Address

57 Main Road
Paarl
7646

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kaapse Agri Werkgewersorganisasie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category