28/09/2026
📢 Ons is op soek na ’n Invorderingsekretaresse!
Rauch Gertenbach Ing. is op soek na ’n ervare en professionele Invorderingsekretaresse om by ons span aan te sluit.
Die ideale kandidaat beskik oor minstens 5 jaar relevante ervaring in ’n regspraktyk, is vertroud met hofreëls en het praktiese kennis van die volledige invorderingsproses, insluitend invorderings van beheerliggame en huiseienaarsverenigings.
Ons benodig iemand wat:
✔️ Uitstekende kommunikasie- en administratiewe vaardighede het
✔️ Sterk aandag aan detail het
✔️ Professioneel en rekenaarvaardig is
✔️ Ervaring met Legal Suite en MS Office het
✔️ Met selfvertroue kan kommunikeer
✔️ Maand-einde prosedures, verslae, rekeninge en fakturering kan hanteer
✔️ Vlot in Afrikaans en Engels is
✔️ Oor eie vervoer beskik
✔️ Goed binne ’n span kan funksioneer
Belangrik: ’n Matrieksertifikaat en 5 jaar relevante regspraktyk-ervaring is ’n vereiste.
📩 Stuur jou CV na: [email protected]
🗓️ Aansoeke sluit: 2 Oktober 2026
Rauch Gertenbach Ing. behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie. Indien jy nie binne twee weke gekontak word nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.
Is jy die persoon wat ons soek? Ons sien uit daarna om van jou te hoor.