Willie Spies

Call Directions Website

Willie Spies Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Willie Spies, Hatfield.

Willie Spies - regspraktisyn, rubriekskrywer, burgerregte-aktivis en VF Plus se burgemeesterskandidaat vir die Tshwane Metroraad, Pretoria

Willie Spies - legal practitioner, columnist, civil rights activist, VF Plus mayoral candidate for Tshwane Pretoria

Ontmoet ons kandidaat vir Wyk 66 (Valhalla, Clubview, Hennopspark en Bronberick).Carien Nefdt is in Bethlehem in die Vry...
16/10/2026

Ontmoet ons kandidaat vir Wyk 66 (Valhalla, Clubview, Hennopspark en Bronberick).

Carien Nefdt is in Bethlehem in die Vrystaat gebore. As 'n meisie wat op die plaas in die Vrystaat grootgeword het, het sy Sesotho vlot leer praat. Sy het het aan Oranje Meisieskool gematrikuleer.

Daarna het sy studeer aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat en later by die Suid Afrikaanse Weermag aangesluit waar sy tot die rang van Majoor gevorder het.

Sy was n Vryetydsbestedingoffisier in die SA Leer. Asook n skakeloffisier tussen die Hoof van die Leër se vrou mev Helena Liebenberg en haar manlike kollegas in uniform.

Haar werk het ingesluit besoeke aan die destydse operasionele gebied tussen Angola en Ovamboland.

Sy het getoer saam met kunstenaars soos Maritza, Marie van Zyl, Geraldine (Britse sangeres), Matt Hurter, Pierre de Charmoy, Bless Bridges, die Bats, die Alabama studentegeselskap, wat almal die Suid-Afrikaanse troepe op die grens gaan vermaak het tydens die grensoorlog.

Carien het ook besoekersgroepe aan die troepe gereel soos Suiderkruisfondsdames, Zack du Plessis, Rodney Seale en baie ander.

In 1994 het ek betrokke geraak by die Vryheidsfront. Sy was die administratiewe assistent van dr Pieter Mulder vir 24 jaar.

Sy was 'n proporsionele raadslid vir die VF Plus tussen 2010 en 2011 termyn en weer sedert 2021.

Carien bly reeds 39 jaar in die wyk.

Haar voorneme is om te hoor wat in mense in wyk 66 se harte brand en probleme op te los.

Die ordelike verskuiwing van die plakkerskamp uit Clubview is vir haar 'n prioriteit.

Carien is opgewonde oor die toekoms in die stad en die groei wat die VF Plus tans beleef.

Geskep om te skep - na die beeld van die SkepperOns vier vandag meer as die voltooiing van ’n fase van julle opleiding. ...
16/10/2026

Geskep om te skep - na die beeld van die Skepper
Ons vier vandag meer as die voltooiing van ’n fase van julle opleiding.
Ons vier die voortsetting van iets wat al in die eerste bladsye van die Bybel begin het: die werk van die mens om as beelddraer van God orde uit chaos te skep.
In die boek Genesis lees ons inderdaad hoe God orde uit chaos gebring het.
“En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters. En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig...dit was ... die eerste dag”
Hy skep die lig en skei dit van die duisternis.
Op die tweede dag skep hy die uitspansel – die hemele wat die waters van mekaar skei – en gee struktuur aan die wêreld waarin ons later sou leef.
Hy skep ook die plante, voëls van die lug en die visse van die see, die diere van die land, en elkeen na sy aard. En dan, op die sesde dag skep Hy die mens na sy beeld:
“Laat Ons mense maak na Ons beeld, na Ons gelykenis … En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape”.
Hierdie “beeld van God” is nie net ’n uiterlike beeld van hande, bene, voete, lyf en kop met oe ore, ’n neus en ’n mond nie.
Hierdie “beeld van God” sluit ook die vermoë in om te ken, om te wil, om te skep, en om te orden en verantwoordelikheid te dra.
God gee aan die mens die opdrag om te heers, te bewerk en te bewaar.
Die eerste ambag begin reeds in die tuin: Adam moes die grond bewerk en dit bewaak.
Later, in die geslag van Kain, lees ons van Tubal-Kain, “’n smid van allerlei koper- en ysterwerktuie” – die eerste metaalwerker waarna die Bybel verwys.
Die mens begin met sy hande en sy verstand die materiaal van die skepping te vorm.
Argeologiese opgrawings bevestig iets van hierdie unieke menslike kapasiteit.
Die vroegste duidelike bewyse van sistematiese klipwerktuie – die sogenaamde Oldowan-werktuie – kom uit Oos-Afrika en dateer van ongeveer 2,6 tot 3 miljoen jaar gelede.
Mense het klippe doelbewus gebreek om skerp rante te kry, om te sny, te kap en te verwerk.
Dit was die eerste versigtige treë van tegnologie: die mens wat die skepping nie net gebruik nie, maar dit omskep.
Hierdie werktuie was juis ’n getuienis van die beeld van God – die vermoë om te bedink, te maak en te verbeter.
God het lig geskape.
Die mens, na sy beeld, het ’n diep drang ontwikkel om self lig te bring waar duisternis is eers met vuur en later met elektrisiteit.
Uit die vroeë begrip van elektrisiteit – van Alessandro Volta se uitvindings rondom 1800, wat die eerste praktiese battery was, tot Michael Faraday se ontdekkings oor elektromagnetisme – het die volle pad geloop na praktiese beligting.
In 1879 het Thomas Edison en Joseph Swan, onafhanklik van mekaar, werkbare gloeilampe met koolstofdrade ontwikkel wat lank genoeg gebrand het om kommersieel bruikbaar te wees.
Dit het stede en huise verlig, die nag in dag verander en die moderne wêreld moontlik gemaak.
Maar die ontwikkeling het nie daar gestop nie.
In 1962 het Nick Holonyak die eerste liguitstralende diode (oftewel LED) geskep wat dekades later wit lig en die energie-doeltreffende LED-tegnologie moontlik gemaak het.
Van die eenvoudige gloeilamp tot die LED van vandag is dit die verhaal van ambagslui en tegnici wat materiale vorm, stelsels bou en lig bring ’n direkte beeldraers van God se skepping van lig op die eerste dag.
God het ook die voëls van die lug geskape.
Die mens het na hulle gekyk en gedroom: as voëls kan vlieg, waarom kan ons nie? Van Leonardo da Vinci se eerste tekeninge tot die Montgolfier-broers se warmlugballon in 1783, het die strewe net aangehou.
Op 17 Desember 1903 het die Wright-broers by Kitty Hawk die eerste beheerde, aangedrewe, swaarder-as-lug-vlug van 12 sekondes en 120 voet voltooi.
Maar hulle het dit nie alleen gedoen nie.
Hulle masjinis, Charlie Taylor, was ’n ambagsman uit hul fietswerkswinkel, het die ligte enjin gebou wat dit moontlik gemaak het.
Lugvaart het die wêreld verander: afstande gekrimp, handel en reis getransformeer, oorloë en vrede beïnvloed, en nasies nader aan mekaar gebring.
Agter elke vliegtuig staan ambagslui – sweisers, passer-en-draaiers, elektrisiëns, meulmakers en gereedskapmakers – wat die struktuur, die enjins en die stelsels bou en onderhou.
God het ook die uitspansel gemaak. Die mens het fyn waargeneem en begin leer en verstaan dat die aarde nie ’n plat skyf is nie, maar ’n bol wat deel is van ’n groter heelal.
Reeds die antieke Grieke het dit geweet. Omstreeks 240 v.C. het Eratosthenes van Sirene, met ’n stok, skaduwees en eenvoudige meetkunde, die omtrek van die aarde met merkwaardige akkuraatheid bereken.
Ferdinand Magellan se skeepsekspedisie vanaf 1519 tot 1522 het dit prakties bevestig deur rondom die aarde te seil.
Lugvaart het ons hoër laat kyk.
Van hoë-hoogte-ballonne wat die kromming van die aarde fotografeer, tot vuurpyle en ruimtevaart. Die pad van die Wright-broers se Flyer loop deur na Sputnik, Apollo en die ruimtevaart van vandag.
Agter elke satelliet, elke vuurpyl en elke ruimtevaartuig staan ambagslui: die mense wat die presisie-onderdele masjineer, die elektriese stelsels bedraad, die strukture sweis en die gereedskap maak wat dit alles moontlik maak.
Dit is juis hierdie lyn van die ontwikkeling van die mensdom wat Sol-Tech vandag voortsit.
Die ambagte waarin julle opgelei word, is voortsettings van die skeppingswerk van God.
Die elektrisiën wat lig en krag bring waar dit nodig is.
Die dieselwerktuigkundige, meulmaker en megatroniese tegnikus wat masjiene en stelsels instandhou, werk met die kragte wat lugvaart, masjinerie en industrie aandryf.
Die gereedskapmaker, passer-en-draaier en sweiser vorm metaal en komponente soos die ambagslui wat die Wright-broers se enjin en later die vuurpyle gebou het.
Outo-elektries en die nuwer tegnologieë verbind meganika, elektrisiteit en intelligensie – ’n moderne weerspieëling van die mens se vermoë om die elemente van die skepping te integreer.
Julle werk is herleibaar na die opdrag wat God aan die mens gegee het: om die aarde te bewerk, te verbeter en as rentmeesters op te tree.
In ’n land met ’n groot tekort aan gehalte-ambagslui doen julle iets wat die samelewing dringend nodig het.
Julle is dus nie net werkers nie; julle is beeldraers wat met julle hande en koppe bydra tot die orde en welstand van die wêreld – net soos die ambagslui wat lig gebring het, vliegtuie laat vlieg het en die mens die uitspansel in gestuur het.
Die storie eindig egter nie by die skeppingsverhaal of by tegnologiese vooruitgang wat daarop gevolg het nie.
Dit loop deur na Jesus Christus.
God het dit gewil dat sy Seun juis in die huis van ’n ambagsman grootword.
Josef van Nasaret was ’n ambagsman, ‘n bouer en timmerman.
In Matteus 13 en Markus 6 word Jesus self “die timmerman” of “die seun van die timmerman” genoem.
As kind in die huis van Josef van Nasaret, het die Seun van God in ’n werkswinkel geleer om hout en steen te vorm, om geduldig te wees, om akkuraat te werk en om diensbaar te wees.
God het nie ’n paleis gekies nie, maar die huis van ’n ambagsman in ’n gewone dorpie.
Daarmee het Hy gewone, eerlike vakwerk geheilig. Dit is ’n plek waar karakter gevorm word en waar die beeld van God prakties sigbaar word.
Aan julle wat vandag promoveer: julle is deel van hierdie groot verhaal.
Van die eerste klipwerktuie, deur die gloeilamp en die eerste vliegtuig, tot die LED’s en die ruimtevaart – ambagslui het altyd die hande en die vakmanskap verskaf.
Jou opleiding by Sol-Tech – gefundeer op Christelike waardes en gerig op uitnemendheid – rus jou toe om met integriteit en vakmanskap die wêreld in te gaan.
Of jy nou ’n masjien herstel, ’n installasie doen, gereedskap vervaardig of ’n stelsel programmeer, jy doen dit as mense wat na God se beeld gemaak is.
Doen dit met dieselfde sorg wat God aan die skepping bestee het, en met die nederigheid van die Seun wat in ’n ambagsman se huis grootgeword het.
Mag die Here julle seën in die volgende fase van julle opleiding en in die werk wat voorlê.
Mag julle hande en verstand gebruik word om te bou, te herstel, lig te bring en te dien. En mag julle altyd onthou: julle is geskep om te skep – na die beeld van die Skepper self. Hartlik geluk en seën vir julle elkeen.

Toespraak deur Willie Spies by die promoveringsplegtigheid van Sol-Tech op 15 Oktober 2026

Dit was vandag 'n voorreg om as geleentheidspreker op te tree by Sol-Tech se promoveringsplegtigheid. Meer as 100 jong a...
15/10/2026

Dit was vandag 'n voorreg om as geleentheidspreker op te tree by Sol-Tech se promoveringsplegtigheid. Meer as 100 jong ambagslui wat as elektrisiëns, dieselwerktuigkundiges, passer-en-draaiers, sweisers, megatroniese- en IT tegnici en auto-elektrisiëns opgelei is het die akademiese deel van hulle opleiding voltooi. Dis 'n voorreg om getuie te wees van die uitnemendheid van Sol-Tech.

15/10/2026
Meet our candidate in Ward 57 (Lyttelton).WESLEY JACOBS is originally from the Western-Cape, but moved to Pretoria to jo...
15/10/2026

Meet our candidate in Ward 57 (Lyttelton).

WESLEY JACOBS is originally from the Western-Cape, but moved to Pretoria to join the South African National Defence Force's 7 Medical Battalion Group. He distinguished himself as a Marksman, OPS medic and paratrooper.

The hunger to make an actual difference in the world turned his attention to focus on a more concentrated approach to making a difference not for the generalized country as a whole, but individually, specifically and impactfully through community and household driven initiatives.

Wesley's discipline and leadership skills built in the SANDF makes him second to none. A foundation that is built on perseverance, courage, integrity, high morals, ethics and values. Applying the same operational processes and procedures, being on the ground, never stagnant, constantly striving to do best and improve the surroundings has equiped him with the correct set of tools to build a great successful community by being a true servant of the people. Being their voice and not only using words, but enforcing action.

Since elected in 2021, Wesley has served his community without fail, to the best of his abilities, offering his community service delivery which is second to none.

Wesley can be characterised as a devoted Christian, family man, father to a beautiful daughter and husband to an amazing wife.

He stunned observers on 21 January this year when he won two of the three voting districts in Ward 57 and narrowly lost the by-election with a VF Plus voting percentage of 44% (up from 16%) but he is determined to turn the Page this time round.

Vote for Wesley Jacobs to make Lyttleton Great Again.

Dit was vanoggend 'n voorreg om te kon gesels met Kallie Kriel oor die komende verkiesing en die vooruitsig om 'n regeri...
15/10/2026

Dit was vanoggend 'n voorreg om te kon gesels met Kallie Kriel oor die komende verkiesing en die vooruitsig om 'n regeringsverandering ten goede te bewerkstellig.

Daar was gisteraand nie genoeg stoele vir al die mense wat opgedaag het by ons vergadering in die Rayton Gemeenskapsaal ...
15/10/2026

Daar was gisteraand nie genoeg stoele vir al die mense wat opgedaag het by ons vergadering in die Rayton Gemeenskapsaal nie.

Blykbaar was ons mededingers die oggend daar met hulle BM kandidaat, hulle nuutste landbouminister en die en hulle enigste oorloper.

'n Landbouleier wat albei vergaderings bygewoon het, noem vir my dat ons 4 keer meer mense daar gehad het.

Dit is tyd, om ons lig te laat skyn en verandering te bring in 'n stad wat op die rant van hooploosheid staan.

Kyk gerus na die debat en laat weet wat jy daarvan gedink het...
14/10/2026

Kyk gerus na die debat en laat weet wat jy daarvan gedink het...

As part of SABC News' build-up to the Local Government Elections, T...

14/10/2026

Do political parties care about how they spend your money?

The 2026 Value for Money Contract challenges parties to commit publicly to value-for-money procurement, a core recommendation of the IRR’s Bill.

See for yourself which parties are serious about .👇

Address

Hatfield
0035

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Willie Spies posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share