31/05/2026
Vandag het ek Hurter Spies Inc. se krans by die Voortrekkermonument gedenkmuur gaan plaas naby die nis wat voorberei is vir die oorskot van Skillie Human. Oom Dries Human was aangetroude familie van my en ek sal later die week die hele storie van Dries Human, 'n burgermag valskermsoldaat wat vermis geraak het toe ek nog 'n Standerd 2 leerling was, hier vertel. Dis 'n verhaal wat my diep raak en wat die woorde vir my betekenis gee "They shall grow not old, as we that are left grow old; Age shall not weary them, nor the years condemn." en "When you go home, tell them of us and say, For your tomorrow, we gave our today."