Lombard Kotzé Attorneys

Call Directions Website Contact the practice

Lombard Kotzé Attorneys Lombard Kotzé Attorneys is a general legal practice situated in George in the Southern Cape.

Freddie Lombard established Lombard Attorneys and Conveyancers on the 1 April 2003. The company was founded on a strong base by acquiring the core business from a long standing concern which had been in operation in George since 1987. In October 2005 Freddie was joined by Chris Kotze who became a partner in the firm in March 2015. The partners decided to incorporate the firm in August 2015 and changed the name to Lombard Kotze Incorporated. We deal with the following areas of law:
Civil, Collections, Commercial, Commercial Drafting, Contracts, Conveyancing, Custody, Debt Collections, Deceased Estates, Divorce, Estates, Evictions, Family Law, General Practice, High Court Practice, Insolvency, Labour Law, Litigation (Civil), Litigation (General), Litigation (High Court), Litigation (Magistrates Court), Matrimonial, Municipal Law, Property Law, Sale of Business, Sectional Title, Wills

07/07/2026
Fear Is Not a Source of Law: What Employers Need to Know About the "30 June Deadline"You are not about to be fined R100 ...
25/06/2026

Fear Is Not a Source of Law: What Employers Need to Know About the "30 June Deadline"

You are not about to be fined R100 000-00, and there is no 30 June deadline.
A great deal of fear is circulating at the moment driven through social media and false information. Fear, however, is a great replacement for accurate legal information.
Many South Africans employ domestic workers, gardeners, nannies, carers or other household staff. This issue therefore affects ordinary families, not only businesses.
1. There is no government deadline of 30 June.
The date being circulated on social media was not set by government. It appears to originate from private groups and campaigns. Government has publicly stated that there is no such deadline. No law comes into operation on 30 June, and no person's immigration status changes on 1 July because of that date.
2. The proposed R100,000 fine is not currently law.
The figure being circulated comes from proposed amendments that have not yet completed the legislative process. Parliament has not enacted those provisions and they are not presently in force. No employer is currently being fined R100,000 under those proposed amendments.
3. Employers do, however, already have legal obligations.
This is not a new issue. Employers are already required to take reasonable steps to satisfy themselves that a foreign employee is lawfully entitled to work in South Africa. Knowingly employing a person who does not have the right to work may constitute an offence under existing legislation.
The proposed amendments seek to increase penalties. They do not create the underlying obligation.
4. Enforcement does not occur through intimidation or rumours.
Even under the proposed amendments, penalties would arise through a legal process. There would be an investigation, notice to the employer, and an opportunity to respond before any court determines whether a penalty is justified and, if so, in what amount.
The figures being circulated represent a potential maximum penalty, not an immediate fine that can be imposed without due process.
5. Employees remain protected by labour law.
An employee does not lose all legal protection merely because there may be an immigration issue. Employers should be cautious about dismissing workers without following a proper process.
The sensible approach is to request the relevant documentation, keep copies on file, and where necessary afford the employee an opportunity to regularise their status. A documented good-faith effort is often the employer's best protection.
6. Your home remains protected by law.
As a general rule, government officials may not simply enter a private residence and demand access without lawful authority. South Africans should be wary of misinformation suggesting otherwise.
7. Private individuals have no authority to demand immigration documents.
A neighbour, community organisation or activist group cannot compel another person to produce a passport, visa, permit or identity document. Immigration enforcement remains the responsibility of the lawful authorities acting within the bounds of the law.
Whatever one's views on immigration policy may be, those views should be informed by facts rather than fear.
The law is what Parliament enacts and the courts enforce—not what is circulated in WhatsApp messages or social media posts.
At times like these, accurate information serves everyone: employers, employees, foreign nationals, citizens and the State alike.

https://www.bestofsouthafrica.co.za/george/bog-voting-category-services/

If you need assistance with drafting your will or administering a deceased estate, contact us for professional and effic...
27/02/2026

If you need assistance with drafting your will or administering a deceased estate, contact us for professional and efficient service.

Mag jy jou huis of woonstel in ’n residensiële kompleks op Airbnb verhuur?  “Huiseienaars wat verhuur, word ryk terwyl h...
26/11/2025

Mag jy jou huis of woonstel in ’n residensiële kompleks op Airbnb verhuur?


“Huiseienaars wat verhuur, word ryk terwyl hulle slaap.” (John Stuart Mill, ekonoom, vertaal.)
As jy daaraan dink om ’n huis of woonstel in ’n residensiële kompleks te koop (of reeds een besit) met die doel om dit as ’n Airbnb te verhuur moet jy versigtig te werk gaan. Hetsy jou planne permanent is of selfs op ’n “ek gaan hierdie Kersfees ’n fortuin maak” basis.
’n Onlangse uitspraak van die Hooggeregshof bevestig dat die regspersoon of huiseienaarsvereniging (HEV) jou reg om jou eenheid te verhuur, binne perke mag reguleer en aan bande kan lê.
Inwoners teenoor Huurders.
Die agtergrond van hierdie dispuut is ’n groot residensiële ontwikkeling in die Silver Lakes-gebied van Pretoria. Die ontwikkelaars bied dit aan as “’n gesinsgeoriënteerde leefstyllandgoed waar gesinne die verskeidenheid geriewe - insluitend die buitelewe, strand en wateraktiwiteite - in ’n veilige en beskermde omgewing kan geniet.”
Baie van die geregistreerde eienaars woon egter nie permanent in die kompleks nie, maar verhuur eerder hul eenhede op 'n korttermynverhuringsbasis as vakansieverblyf uit, gewoonlik vir een tot drie dae op 'n slag.
Volgens die Huiseienaarsvereniging (HEV) veroorsaak dit ’n ernstige probleem vir inwoners. Die vakansiegangers wat die eenhede huur kom dikwels nie die reëls en die gesinsgeoriënteerde etos na wat die kompleks probeer handhaaf en beskerm nie. Volgens die HEV is die korttermynhuurders meestal daar om partytjie te hou en hulself te vermaak. Dit lei natuurlik tot eindelose klagtes van inwoners oor geraas, oorbevolking, verkeersopeenhopings, ontwrigtende gedrag, sekuriteitsrisiko’s en soortgelyke probleme.
Aangesien die oorspronklike gedragsreëls onvoldoende was om hierdie situasie aan te spreek, het die Huiseienaarsvereniging nuwe, strenger reëls vir korttermynverhuring ingestel. Onder meer is eienaars verbied om hul eenhede vir minder as drie maande te verhuur, sonder die HEV se voorafgaande toestemming. Oortredings van hierdie reël het ’n boete van 90% van die maandelikse heffing vir die betrokke eienaar tot gevolg.
Hierdie reëls is aanvanklik deur die Gemeenskapskema-ombudsdiens (CSOS) goedgekeur. Die gewysigde reëls is egter deur ’n groep eienaars wat met hul korttermynverhuringsaktiwiteite wou aangaan, betwis. Die Gemeenskapskema-ombudsdiens se Ombud het die gewysigde reëls as ongeldig en onredelik beskryf en daarom tersyde gestel. Die Ombud verwys na die landgoed as “’n ontspannings en vakansie-oord-leefstyllandgoed waarin die teenwoordigheid van nie-permanente inwoners die norm is”.
Die HEV het by die Hooggeregshof teen hierdie bevel geappèlleer. Die hof het ’n tussentydse bevel uitgereik wat die gedeelte van die CSOS bevinding wat die reëls tersyde stel, opskort. Die hof het hiermee verseker dat die strenger, gewysigde reëls wel van krag bly totdat die appèl afgehandel is.
Wat beteken dit prakties vir HEV's, regspersone en eenheidseienaars?
Die hof se bevel is slegs ’n tussentydse bevel, totdat die finale uitslag van die appèlproses bekend is. Die feit dat die hof nie die strenger reëls op hierdie stadium tersyde gestel het nie, is ’n voorlopige bevestiging van die reg van HEV’s en regspersone om korttermynverhuring op hierdie wyse te reguleer.
Ons sal moet wag vir die finale uitslag van die appèl vir finale duidelikheid hieroor. Soos altyd gaan elke saak ook op grond van die spesifieke feite en meriete beoordeel moet word. Ons howe het reeds soortgelyke streng gedragsreëls gehandhaaf, dit blyk logies dat die howe dit in soortgelyke gevalle weer sal ondersteun.
Hier is ’n paar gedagtes oor hoe om hierdie netelige kwessie intussen te hanteer. Om aan die veilige kant te bly:
• Korttermynverhuurders: Die feit dat die hof wel die HEV se strenger reëls oor korttermynverhuring voorlopig steun, is 'n waarskuwing om versigtig te werk te gaan voordat jy jou eenheid op ’n korttermynbasis verhuur. Gaan ten minste jou kompleks se gedrags- en verhuringsreëls deeglik na. Onthou ook dat jy – selfs al word korttermynverhuring nie uitdruklik verbied nie – steeds aanspreeklik bly vir enige oortreding van die reëls deur jou gaste. Maak dus seker dat jou verhuringsooreenkoms jou gaste verplig om alle gedrags- en ander reëls van die kompleks na te kom. Dit is verder belangrik dat jy vasstel of jul plaaslike owerheid se sonerings- of ander regulasies dalk ook jou regte in hierdie verband beperk.
• Huiseienaarsverenigings en regspersone: Op grond van die algemene beginsel dat julle die bevoegdheid sowel as die verantwoordelikheid het om die regte van alle eienaars te oorweeg, behoort julle die risiko’s wat ‘n deurlopende omset van gaste in die kompleks meebring, aan te spreek deur reëls aan te neem of te verskerp wat korttermynverhuring reguleer of verbied. Die term “korttermynverhuring” word nie formeel gedefinieer nie, maar bestaande regspraak verwys meestal na gedragsreëls wat verhuring vir korter as drie maande of ses maande op ’n slag verbied. Maak seker dat enige reëls behoorlik aanvaar word (via spesiale resolusie indien nodig) en dat die reëls beide geldig en redelik is. Die reëls moet die mededingende regte van verhuurders en permanente inwoners teen mekaar opweeg en balanseer en hul toelaat om hul eiendomme te gebruik en te geniet soos hulle verkies. Indien die reëls afgedwing moet word, moet dit op ’n billike en redelike wyse geskied.
Hierdie uitspraak is nog nie finaal nie, wel aanduidend van die rigting waarin die regspraak neig.
Die Hooggeregshof se uitspraak is voorlopig en die finale uitslag van die HEV se appèlproses moet nog kom. Dit dui wel sterk op die waarskynlikheid dat ons howe beperkings op korttermynverhuring sal afdwing, mits die beperkings billik, redelik en regmatig ingestel en toegepas word. Ongeag die finale beveinding, bly deursigtigheid en openlike kommunikasie tussen die HEV of regspersoon en die eienaars in komplekse belangrik om geskille en konflik te voorkom.
Kon hierdie dispuut vanuit die staanspoor in die Hooggeregshof hanteer word?
Vorige uitsprake het daarop gedui dat gemeenskapskema-geskille in die afwesigheid van “buitengewone omstandighede” altyd eers na CSOS verwys moes word vir beslegting. ’n Onlangse uitspraak van die Appèlhof het nou bevestig dat die aansoeker ’n keuse het – jy kan die saak óf by die Gemeenskapskema-ombudsdiens óf direk by die Hooggeregshof aanhangig maak.
Om jou direk tot die hof te wend kan jou van twee opeenvolgende stelle verrigtinge spaar (soos in hierdie saak, waar die partye steeds nie ‘n finale oplossing het nie), maar wees versigtig. Die Gemeenskapskema-ombudsdiens se geskilbeslegtingsdiens behoort altyd vinniger, meer bekostigbaar en minder formeel as hofverrigtinge te wees. As die hof wel van mening is dat jy nie geregverdig was om die hof direk te nader nie, kan die hof ’n bestraffende kostebevel teen jou toestaan. Kies dus met omsigtigheid.
Hier is baie grys areas en moeilike besluite ter sprake. Moenie huiwer om ons vir advies oor jul spesifieke situasie te nader nie.
LawDotNews

NATIONAL WILLS WEEK
08/09/2025

NATIONAL WILLS WEEK

Pansteelerf - Toegang tot Eiendomme – Vermy hierdie foute.   “Jy koop nie net ’n huis nie, jy koop ’n leefstyl.” (Anonie...
27/08/2025

Pansteelerf - Toegang tot Eiendomme – Vermy hierdie foute.



“Jy koop nie net ’n huis nie, jy koop ’n leefstyl.” (Anoniem)
Soos wat meer en meer residensiële eiendomme onderverdeel en ontwikkel word, word 'n toenemende aantal huise van direkte toegang tot die naaste openbare straat of pad afgesny.
Dis waar die sogenaamde pansteelerf ter sprake kom. Dit is 'n smal strook grond (wat op ‘n kaart soos die handvatsel van 'n pan lyk - vandaar die naam). Hierdie pansteel bied dan die nodige straattoegang tot die eiendom. Die pansteel kan deel wees van die eiendom wat dit as 'n toegangspad gebruik, of dit kan 'n geregistreerde reg van weg ten gunste van die eiendom oor die grond van die aangrensende eienaar wees.
'n Onlangse geskil in die hooggeregshof tussen twee bure oor 'n reg van weg met ‘n pansteelerf beklemtoon die foute wat die verskillende partye gemaak het. Dit gee wel vir ons ’n handige kontrolelys vir enigiemand in soortgelyke omstandighede - kopers, verkopers en bure.

“Wag, watter reg van weg?”
Jy kan verstaan dat die eiendomskoper geskok was toe hy, eers ná registrasie, verneem het dat sy netjiese klein erf met 'n geregistreerde serwituut belas is. Dit het ingehou dat sy buurman geregtig was om sy grond na willekeur via 'n vier meter wye pad op die pansteelerf oor te steek. Hy is ook deur die buurman se hek van 'n deel van sy eie grond afgeblok.
Gelukkig vir die koper was die serwituut in hierdie geval van ‘n tydelike aard. Die bewoording was duidelik: die reg van weg sou slegs geld totdat alternatiewe toegang vir die buurman beskikbaar raak. 'n Konsolidasie van aangrensende eiendomme (wat agt mini-onderverdelings vir 'n eiendomsontwikkeling tot stand gebring het) het inderdaad so 'n alternatiewe toegangsroete vir die buurman moontlik gemaak.
Die koper het die Hooggeregshof genader vir ‘n verklaring dat die serwituut verval het en vir ‘n bevel dat alle "versperrings en obstruksies" na die pansteel verwyder moet word. Die buurman het op sy beurt onder andere aangevoer dat hy R35 000 aan die oorspronklike eienaar van die koper se eiendom betaal het as deel van 'n mondelinge ooreenkoms om die pansteel se breedte van vier na ses meter te vergroot.
Die buurman se probleem is dat 'n serwituut op skrif moet wees. Sy mondelinge ooreenkoms met die oorspronklike eienaar vir 'n sesmeter-serwituut was onafdwingbaar – beslis teen hierdie koper wat nooit daartoe ingestem het nie. Vir 'n serwituut om 'n daaropvolgende koper van die eiendom te bind, moet dit formeel teen die titelakte geregistreer word.
Die hof het daarom beslis dat die geregistreerde viermeter-serwituut verval het en dat die beweerde sesmeter-serwituutooreenkoms onafdwingbaar teen die nuwe eienaar was. Die buurman het sy reg van weg verloor en hy moet alle "obstruksies" (vermoedelik die hek) daarop verwyder.

Kopers, verkopers en bure: Foute wat julle eerder moet vermy.
Kopers: Moenie eers na oordrag uitvind dat jou nuwe eiendom onderhewig is aan 'n reg van weg of ander reg van toegang nie – dit kan ernstige gevolge vir jou eiendomswaarde inhou en vir die gebruik van jou eie eiendom. Jy moet die titelakte nagaan voordat jy 'n aanbod maak. Soos ons hieronder sal sien, kan dit soms wensdenkery wees om op die verkoper staat te maak om 'n serwituut tydens die verkoopproses te openbaar…
Verkopers: Hier het die verkoper versuim om die serwituut in die verpligte openbaarmakingsvorm te openbaar. Dit is ’n vorm wat elke eiendomsverkoper ingevolge wetsvoorskrifte volledig moet voltooi, onderteken en aan die koper moet oorhandig. Die vorm vereis dat die verkoper nie net enige bekende gebreke aan die eiendom bekend maak nie, maar ook enige ander beswarings, regsoptrede, sonerings- en titelaktebeperkings, asook aanbouings en verbeterings wat nie goedgekeur is of wat nie volgens goedgekeurde planne opgerig is nie, ensovoorts. Dalk was die verkoper se versuim ’n oorsig, maar die koper sou die verkoper beslis vir hierdie belangrike verswyging kon dagvaar. Dit is noodsaaklik dat die verkoper altyd daardie vorm volledig en akkuraat voltooi.

Bure: Soos wat die buurman hier uitgevind het, as jy op 'n reg van weg wil staatmaak, moet dit ingevolge 'n skriftelike en geregistreerde serwituut toegestaan word.
Hy kon dalk sy mondelinge ooreenkoms teen die oorspronklike eienaar afdwing, maar dit was waardeloos teen 'n daaropvolgende koper wat niks van die ooreenkoms geweet het nie.
LawDotNews

Verskonings, verskonings: Waarom mense nie hul testamente laat opstel nie – en waarom jy dit wel moet doen.  “All that l...
27/08/2025

Verskonings, verskonings: Waarom mense nie hul testamente laat opstel nie – en waarom jy dit wel moet doen.


“All that lives must die, passing through nature to eternity.” (William Shakespeare, in Hamlet)
Volgens die Meester van die Hooggeregshof se rekords word minder as 'n derde van alle bestorwe boedels in Suid-Afrika met 'n testament geadministreer. In die ander boedels het die oorledenes geen testamente nagelaat nie. Dit bly verstommend as mens aanvaar dat die dood een van die min absolute sekerhede is.
Waarom jou familie so in gevaar stel?
“Ek het nie ‘n testament nie, want …”
Dit is maklik om ‘n verskoning te vind waarom jy nog nie jou testament laat opstel het nie. Dit is nie net in Suid- Afrika die geval nie; mense het ook internasionaal dieselfde algemene verskonings.


Ons sal jou help om 'n testament en boedelplan te struktureer wat jou laaste wense eerbiedig en behoorlike beskerming vir jou geliefdes bied.

A R4.25m Warning to Choose Your Conveyancer With Care “Trust me, I’m a lawyer.” (Popular T-shirt slogan)South African pr...
02/06/2025

A R4.25m Warning to Choose Your Conveyancer With Care


“Trust me, I’m a lawyer.” (Popular T-shirt slogan)
South African property buyers and sellers will have been cheered by news that we are now officially the most affordable country in the world in which to buy a home. We’re only a nose ahead of the USA and Bahrain in this particular race, but it’s great to be a world leader in something so positive for a change. Have a look at BestBrokers’ analysis of house affordability in 62 countries here to see just how unaffordable property is in many other countries around the globe.
This all bodes well for the South African property market, so it’s perhaps a good time to remind sellers that it’s not just about getting a good price for your house. Equally important is ensuring that you choose the right conveyancer to attend to the transfer for you, with a recent High Court fight over a dishonest attorney’s theft sounding a stark warning in this regard.

An absconding conveyancer steals R4.25m
Having bought a house on auction for R4.1m, the buyer paid the auctioneer the required 5% deposit and the auctioneer’s commission. The auctioneer duly paid the deposit to the conveyancer nominated by the seller and the conveyancer, having not yet turned to the dark side, paid the deposit over to the seller. So far, so good.
The conveyancer then issued a pro forma invoice to the buyer for the balance of the purchase price and transfer costs, a total of R4.25m. The buyer duly paid that amount into the conveyancer’s bank account specified in the invoice.
Conveyancers are obliged to pay all such funds into a separate trust account for safekeeping, but in this case it emerged (after the buyer queried inordinate delays in the transfer process) that the bank account specified by the conveyancer in her invoice was not a trust account at all. Worse still, she had absconded with the funds.
A series of tussles followed, with the buyer demanding the house be transferred to him because he had paid in full, and the seller countering that they had cancelled the sale because the buyer didn’t “secure” payment of the balance of the purchase price by paying it into a trust account.

The seller learns a hard lesson
The High Court, called upon to sort out who must ultimately bear the loss, held that by paying the conveyancer per her invoice, the buyer had done everything required of him by the conditions of sale and was entitled to transfer. It was not the buyer’s obligation to ensure that he was paying into a trust account and to monitor its safekeeping there until transfer. Rather, it was the conveyancer’s obligation to secure the funds in her trust account until transfer.
The end result is that the seller must now transfer the property to the buyer and try to recover his losses elsewhere. He can sue the conveyancer (not a hopeful prospect) and as a last resort he can lodge a claim with the Legal Practitioners Fidelity Fund (LPFF). He’ll be wishing he’d avoided all that cost, delay and risk by choosing a more trustworthy conveyancer in the first place.
(As a side note, the conveyancer has been suspended from practice and her firm placed under curatorship – she blames her total trust account shortfall of at least R8m on a dishonest bookkeeper.)
Remember: as seller it’s you who gets to choose the conveyancer, so choose wisely! And as always, don’t sign anything until we’ve checked it all out for you.
LawDotNews

Goeie Nuus vir Ouma: Ons reg wil hê jy moet toegang tot jou kleinkinders hê.  "Grootouers, soos helde, is net so nodig v...
02/06/2025

Goeie Nuus vir Ouma: Ons reg wil hê jy moet toegang tot jou kleinkinders hê.



"Grootouers, soos helde, is net so nodig vir 'n kind se groei, as wat vitamienes is." (Aangehaal in die uitspraak hieronder, vertaal.)
Een van die ernstige gevolge van familiegeskille is die effek wat dit op die betrokke kinders het. ’n Onlangse hooggeregshofdispuut handel oor die ouma se pogings om kontak met haar twee kleinkinders in stand te hou, ten spyte van hul pa se bitter teenstand daarteen. Die saak bevestig ook dat die hof die beste belange van die kleinkinders eerste sal stel.

'n Tragiese sterfgeval en die familietwis daarna.
Twee seuns van onderskeidelik 9 en 13 jaar oud, is die onskuldige pionne in hierdie hofstryd. Hulle woon by hul pa in Makhanda.
Die seuns se ma was 'n professionele verpleegster in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag met die rang van kaptein. Die seuns se ma is drie jaar gelede tragies in 'n motorongeluk oorlede.
Die seuns se pa het hul ma ontmoet terwyl hy 'n lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se Spesiale Magte was. Hy is tans ‘n advokaat van die hooggeregshof. Die ma en pa was nooit formeel getroud nie, maar die twee kinders is uit hul verhouding gebore. Hy word as 'n goeie pa beskryf, wat hulle goed versorg en wat aan sy seuns 'n stabiele huis- en gesinslewe bied.
Die seuns se ouma is ’n afgetrede verpleegster en vroedvrou en ook ‘n weduwee. Die ouma se versoeke aan die pa om kontak met haar kleinkinders te vestig, is met sy hardnekkige weiering om selfs met haar in gesprek te tree, begroet. Sy intense afkeer van haar, is volgens hom, gegrond op sy oorlede lewensmaat se woedeprobleme met haar. Daarom het hy sy standpunt in die Kinderhof duidelik gemaak dat hy weier om ooit met haar te praat.
Die ouma woon op 'n groot erf in die dorpie Herschel; sy geniet goeie fisiese en geestelike gesondheid, en sy bevestig dat sy goed na die kinders kan omsien, wanneer hulle in haar sorg is.
Die Kinderhof het die verslae en getuienis van maatskaplike werkers ontvang (wat van ’n gesonde verhouding tussen die ma en die ouma getuig het, wat in stryd was met die pa se persepsie) en het wel toegang aan die ouma verleen.
Die pa het hierdie bevinding van die Kinderhof op appél geneem. Die hof het aanvaar dat die pa werklik glo dat hy in sy kinders se beste belang optree. Die hooggeregshof het die bevel gehandhaaf waarin die ouma wel kontak met haar kleinseuns kon hë. Die hof het die beoogde kontak wel in 'n meer gestruktureerde bevel uiteengesit. Die ouma sou voortaan haar erkende reg tot toegang as volg kon uitoefen:
• Weeklikse telefoniese/multimedia kontak;
• Maandelikse dagbesoeke met haar in Makhanda;
• Halfjaar- en jaareind-skoolvakansiebesoeke by haar huis in Herschel, vir 'n week op 'n keer, aanvanklik onder toesig van ‘n verteenwoordiger van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling.
Die beslissende oorweging.
Die Kinderwet bepaal dat die hof 'n wye verskeidenheid faktore moet oorweeg met so ‘n aansoek om toegang (die Wet verwys na "kontak"). Soos wat die hof ook hier uitwys, sal die beste belange van die kinders altyd die deurslaggewende oorweging wees.
Elke geval sal uniek wees. ‘n Hoogs relevante faktor wat ons howe in ag sal neem, is “die behoefte van die kind om in die sorg van die ouer, gesin en uitgebreide familie te bly en om sy verbintenis met sy familie, uitgebreide familie, kultuur en tradisie te behou”.
Die hof sluit af met hierdie gepaste waarneming: "Dit is gewoonlik in die beste belang van 'n kind om 'n noue verhouding met sy grootouers te handhaaf".
LawDotNews

Handelsbeperking: As dit te vaag is, kan dit nie afgedwing word nie.  "Die regsbeginsels, soos ek dit verstaan, verleen ...
02/06/2025

Handelsbeperking: As dit te vaag is, kan dit nie afgedwing word nie.


"Die regsbeginsels, soos ek dit verstaan, verleen nie aan my die magte van Kersvader nie. Ek kan nie die onredbare red nie." (Aangehaal in die uitspraak hieronder- vrylik vertaal.)
Ons wil almal graag lojale en bekwame personeel hê wat gemotiveerd bly om oor die lang termyn by ons in diens te bly. Die realiteit is dat 'n mate van personeelomset onvermydelik is.
Dink aan die volgende situasie. 'n Sleutelwerknemer (iemand senior, 'n spesialis, of dalk selfs 'n vennoot of direkteur) word afgedank of besluit om jul diens te verlaat. Hulle neem inligting en kennis van jul besigheid met hulle saam. Hulle ken al jul handelsgeheime, jul prysprosesse, jul bemarkingstrategieë en al jul handelsnetwerke en -kontakte. Hulle het ook goeie verhoudings met jul kliënte opgebou. Tydens hul diensperiode het hulle ook hul naam en geloofwaardigheid in jul bedryf gevestig.
Indien hulle sou besluit om hul eie besigheid in direkte mededinging met jul besigheid te begin, of indien hulle hul binnekennis na jou mededingers neem, het jy werklik 'n probleem.
Daarom moet julle vooraf oorweeg of jy jul besigheid teen hierdie soort onbillike mededinging moet beskerm. Dit moet julle doen wanneer jul iemand gaan aanstel en hul dienskontrak laat opstel. Dit is hier waar die handelsbeperkingsklousule ter sprake kom. Dit is so maklik soos om een by jul dienskontrak in te sluit en seker te maak dat die nuut aangestelde werknemer dit volledig aanvaar. Of is dit so maklik?

Die basiese vereistes vir regsgeldigheid.
As 'n vertrekpunt is ons howe versigtig om enigiemand se grondwetlike reg om ekonomies aktief te wees en om 'n finansiële bestaan te maak, in te perk.
Ons reg se algemene beginsel is dat partye tot ‘n ooreenkoms daaraan gebonde moet wees.
Handelsbeperkingsklousules word lank reeds erken as 'n wettige manier vir besighede om hul belange teen onbillike mededinging te beskerm. Ons howe het dit al verder verfyn en sal so ‘n klousule slegs afdwing as dit aan die volgende vereistes voldoen:
• Redelikheid: Jy kan nie ’n onredelike beperking op jou voormalige werknemer se vryheid om handel te dryf of om te werk oplê nie. As die tydsduur, geografiese gebied of omvang van die beperkingsklousule te wyd gedefinieer word, kan dit geheel of gedeeltelik nietig verklaar word.
• Beskerming van 'n wettige besigheidsbelang: Jy moet 'n werklike kommersiële belang hê om die beperking op te lê, jy kan dit nie net gebruik om mededinging te keer nie.
• Dit mag ook nie in stryd wees met openbare beleid nie: Daar mag geen ander aspek van openbare beleid wees wat teen die klousule inwerk nie.
Elke geval sal op die spesifieke feite en meriete beoordeel word. Die hof moet ook die partye se teenstrydige regte teen mekaar opweeg. Die regte en belange van die werkgewer teenoor die regte en belange van die voormalige werknemer in 'n poging om regverdigheid vir beide partye te verseker.
Maak van die begin af seker dat die klousule duidelik is in die omvang en toepassing daarvan; anders kan jy sukkel om dit af te dwing.

Te vaag om af te dwing - geen Kersvader tot die redding nie.
'n Werkgewer wat fisioterapeutiese dienste aan twee groot hospitale in die Umhlanga-omgewing van KwaZulu-Natal verskaf, het in Januarie 2023 ’n senior fisioterapeut in diens geneem. Hierdie senior fisioterapeut het agt maande later bedank.
Haar dienskontrak het ‘n bondige handelsbeperkingsklousule bevat. Onder die opskrif "15. Handelsbeperking", het dit eenvoudig bepaal: "2 jaar 8 km beperking in geval van beëindiging / verstryking van Kontrak."
Die werkgewer het sonder sukses probeer om hierdie klousule af te dwing. Die Hooggeregshof het geweier en het daarop gewys dat die kontraksbepaling gebrekkig in inhoud en substansie was. Dit het geen aanduiding gegee of bevat van:
• 'n Definitiewe aanvangsdatum vir die beperkingstermyn van twee jaar.
• Presies waarna die “8 km-beperking” verwys het.
• Wat presies beperk en verbode was.
• Watter belange daardeur beskerm sou word.
Dit het ook geen verwysing bevat na die twee spesifieke privaathospitale waar die voormalige werknemer nie moes praktiseer nie. Die hof het die werkgewer se versoek om bewoording in die klousule ‘in te lees’ om die vaagheid en gebrek aan besonderhede in die klousule reg te stel, geweier. Die hof haal uit ‘n ander hooggeregshofbeslissing aan: “Die regsbeginsels, soos ek dit verstaan, verleen nie aan my die magte van Kersvader nie. Ek kan nie die onredbare red nie.” (Vrylik vertaal.)
Die hof waarsku ook teen die neiging van kleiner besighede om koste te bespaar deur “doen dit self” kontrakte te kopieer en te gebruik. "KMMO-besighede is huiwerig om advies van prokureurs in te win, en nog minder geneig om prokureurs aan te stel om belangrike regsooreenkomste op te stel. Hierdie praktyk, wat ongetwyfeld ook die gevolg is van stygende regskostes kan aanleiding gee tot onvoorsiene regsgevolge wanneer die saak eendag in die hof eindig.”

Ongelukkig is ‘n gebrekkige handelsbeperkingsklousule nie die papier werd waarop dit geskryf is nie. ’n Behoorlik geformuleerde klousule is noodsaaklik. Ons is gereed om daarmee te help.
LawDotNews

Address

134 Merriman Street
George
6529

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 16:30

Telephone

+27448742610

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lombard Kotzé Attorneys posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Lombard Kotzé Attorneys:

Share