02/08/2018
Allowel die Grondwet al verskeie kere gewysig is, is die regte in die Handves van Regte Hoofstuk 2 van die Grondwet nog nooit gewysig nie. Artikel 25 beskerm die Reg op Eiendom, maar nie net grond , vaste eiendom nie, ook roerende eiendom en intellektuele eindom. Indien die ANC met 'n koalisie 'n twee derde meerderheid kan bereik kan hulle wel die Grondwet wysig om landbougrond sonder vergoeding te onteien. Dit los geter die deur oop om later eiendom soos aandele ook te onteien en dan te herverdeel.
Indien die ANC se beleid deurgevoer word, kan dit die landbousektor se waarde aansienlik skade doen. Dit gaan moeilik wees om kopers te bekom indien die grond onteien kan word. Dit sal ook 'n demper op uitbreiding plaas. Indien kommersiële plase te veel opgebreek word, kan dit ook bekostigbare voedselproduksie benadeel. Hopelik is dit op die stadium net 'n verkiesingstaktiek en nie 'n beleid wat aggressief deurgevoer gaan word nie.
Enige wysiging van die Grondwet moet natuurlik ook inpas by die die goeie gees, strekking en oogmerk van die Grondwet, wat moontlike litigasie tot gevolg kan hê.