01/02/2022
Ons benodig ʼn boekhouer/kantoorbestuurder vir 'n groep van besighede wat, onder andere, bestaan uit eiendomsbesighede en 'n regspraktyk.
U sal nou saamwerk met die bestuurslede en direkteur/e en hulle ook bystaan op 'n deurlopende basis.
Die suksesvolle kandidaat moet oor, onder andere, die volgende beskik:
• nagraadse diploma of graad in boekhouding
• 4+ jaar ondervinding van boekhouding en kantoorbestuur
• deeglike kennis en insig in boekhouding tot en met proefbalans-vlak. U moet bv. leningsrekeninge tussen entiteite en joernale verstaan. U moet 'n ouditlegger voorberei vir die jaarlikse oudit/hersiening deur ons ouditeure
• kennis van trust- en besigheidsboeke van ʼn regspraktyk sal ʼn voordeel wees
• om selfstandig en noukeurig te werk sonder toesig en met nodige pligsbesef en verantwoordelikheidsin
• goeie administratiewe funksies
• betroubaarheid, eerlikheid en stiptelikheid en bereik mikpunte i.t.v tyd en akkuraatheid
• goeie mense-verhoudinge met personeel, kliënte en ander
• personeelsake (salarisse, dissipline, ens.) hanteer en personeel kan monitor en motiveer
• hardwerkend en netheid
• geldige bestuurslisensie, eie motor en selfoon
• deeglike kennis van rekenaars en spesifiek die volgende programme: MS Office, Sage Pastel Partner en Pastel Payroll. Kennis van 'n program soos LEXPRO of soortgelyke program (vir Prokureurs) sal in u guns tel. Anders sal opleiding aan die gekose kandidaat gebied word.
• Kennis van SARS programme (E-filing, UIF, ens.).
• Afrikaans en Engels – vlot lees, skryf en praat
• Geen kriminele rekord of swak kredietrekord
Mededingende vergoedingspakket volgens opleiding en ondervinding.
MOENIE AANLYN AANSOEK DOEN NIE!!!
STUUR U VOLLEDIGE CV (met kontakbare verwysings) EN AFSKRIF VAN U ID na: hr-(by)-dkalaw.co.za
Moet asseblief nie aansoek doen as u nie aan al (of meeste) van die bogemelde voldoen nie.
Slegs kandidate op die kortlys sal gekontak word.
Die reg om geen aanstelling te maak word voorbehou.