09/04/2026
Dissiplinêre Verhore in die Werkplek
Werkgewers hoor dikwels die woord “dissiplinêre verhoor” en d**k dit moet streng en formeel wees soos ’n hofsaak. Maar eintlik gaan dit oor iets baie eenvoudiger: om regverdig en eerlik te wees.
Eerstens moet die werkgewer seker maak die werknemer weet presies waarvan hy of sy beskuldig word - die werknemer moet vooraf weet wat verkeerd gegaan het, sodat hy of sy kan voorberei.
Tweedens moet die werknemer ’n kans kry om sy of haar kant van die storie te vertel. Miskien is daar ’n verduideliking, of selfs ’n misverstand. ’n Verhoor is nie net daar om iemand skuldig te bevind nie, maar om die waarheid uit te vind.
Nog ’n belangrike punt is dat die verhoor onpartydig moet wees. Die persoon wie die saak aanhoor, moet nie reeds besluit het wat die uitkoms gaan wees nie.
Die werknemer het ook die reg om iemand saam te bring, soos ’n kollega of vakbondverteenwoordiger. Dit help om dinge meer gemaklik en regverdig te maak.
Laastens moet die werkgewer seker maak dat die straf (as daar een is) by die oortreding pas. Dit sal nie sin maak om iemand swaar te straf vir ’n klein fout nie—’n bietjie balans en gesonde verstand gaan ’n lang pad.
Kortom: ’n dissiplinêre verhoor hoef nie ’n skrikwekkende gebeurtenis te wees nie. As die werkgewer eerlik, duidelik en regverdig optree, kan dit help om probleme op te los en vertroue in die werkplek te bou.
Vir bystand met dissiplinêre aangeleenthede in die werkplek, kontak ons kantoor om ‘n konsultasie te reël. Bel ons gerus by 028 424 1119 of stuur ‘n epos aan [email protected]