23/03/2026
https://iol.co.za/news/crime-and-courts/2026-03-23-daylight-shooting-woman-believed-to-be-lawyer-gunned-down-in-johannesburg-cbd/
And a colleague writes this:
"Ek het die post gesien op FB oor die haar, dit het my nogals diep geraak :
23 Maart 2026
“Daar is vanoggend ’n vroulike regspraktisyn in Johannesburg doodgeskiet.”
Dit is nie net nog ’n nuusopskrif nie.
Dit is iemand se lewe wat net… opgehou het.
Dit is ’n sin wat nie net gelees moet word nie… dit is een wat jou eintlik moet dwars steek in die krop.
Want agter daai sin was ’n mens.
Iemand wat vanoggend opgestaan het, aangetrek het, haar dag begin het… sonder om te weet sy gaan nie weer huistoe nie.
En dit laat my net weer besef onder watter druk ons eintlik werk.
Die 24/7 verwagting.
Die idee dat omdat iemand jou nommer het, het hulle toegang tot jou… enige tyd.
Die wan persepsie dat jy automaties die vyand ook is.
Ons word gesien net as “prokureurs”, “advokate”, “regspraktisyns”… mense wat moet cope, moet baklei, moet altyd reg wees. Maar agter dit alles is ons ook net mense. Mense met families. Met kinders wat wag. Met lewens wat nie net oor werk gaan nie.
Ek lees ’n ruk terug ’n skrywe van iemand wat sê mense wat hul “read receipts” afsit, kweek angs.
En mense het saam hom gestem.
Hoe ons amper gebrandmerk word as ongeskik, onprofessioneel… of nou glo “angs-kwekendes”.
Maar wat min mense verstaan is:
Dit is partykeer die enigste manier wat ons oorleef.
Want die realiteit is…
my nommer sit in mense se koppe soos ’n oop lyn.
Asof dit beteken ek is 24/7 beskikbaar.
’n Sondag boodskap:
“Ek is jammer om te pla… kan ek gou bel as jy uit die kerk is?”
Of nog beter:
“Ek weet jy is in die kerk… kan ek gou bel?”
En jy wil amper skree:
Wat presies kan ek nou vir jou op ’n Sondag doen?
Maar jy doen dit nie.
Want agter dit alles weet jy…
hulle soek net iemand om vir hulle te sê: “Dit gaan okay wees.”
En tog… elke dag staan ons op, ons vat ons goed en ons gaan veg vir ander mense.
Party wat jou waardeer… en party wat jou in een asem kan ophef en in die volgende een afbreek. Party wat nie eers jou rekening betaal nie, maar verwag jy moet hul wêreld regmaak.
En ja… die realiteit wat min mense hardop sê:
Nie elke kliënt waardeer jou nie.
Nie elke werksplek sien jou raak nie.
En nie elkeen wat veronderstel is om jou te ondersteun, doen dit altyd soos hulle moet nie.
Ek sit nou op kraamverlof, en vir die eerste keer kyk ek van buite af in…
en dit tref my anders.
Hoe vinnig mense kan vergeet wat jy vir hulle doen.
Hoe jy jou alles gee… selfs wanneer jy self leeg voel.
En dan besef mens net weer:
Ons is vervangbaar by die werk… maar by die huis is ons alles.
Daar is ’n kind wat jou nodig het.
Daar is ’n familie wat jou nodig het.
Daar is mense wat jou nie kan “vervang” nie.
Daar is mense wat nie omgee oor jou titel of jou prestasies nie.
Net oor jóú.
En dit sit dinge in perspektief.
Ons moet begin eerlik wees oor grense.
Oor rus.
Oor die feit dat ons ook net mense is.
Werk sal aangaan.
Lêers sal skuif.
Kliënte sal kom en gaan.
Maar by die huis…
daar is ’n lewe wat nie kan wag nie.
En jy?
Jy is nie vervangbaar daar nie.
So ja—
my “read receipts” bly af.
My foon gaan stil wees wanneer dit moet.
Nie omdat ek nie omgee nie…
maar juis omdat ek nog wil kan aanhou gee,
sonder om myself heeltemal te verloor.
Liewe mede Kollega ons het vandag nóg een op ons LPC deceased lysie by gekry…
My wens vir jou mede kollega:
Kies jouself.
Kies jou mense.
Kies jou lewe.
Werk sal altyd daar wees.
Kies nou Want niemand anders gaan dit vir jou doen nie. ❤️
To the lady who lost her war today may your soul rest in peace… 🙏🏾
~ Veronica Ramokgoname"
Could not agree more!
A 35-year-old woman was fatally shot in Johannesburg CBD on Monday, prompting police to launch a murder investigation. Authorities are appealing for information to help identify the suspects.